
=====================================================================
Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Oor vryheid en onvryheid

Alwyn Grov gee die "perspektief van 'n oupaiaan" oor hoe vry 'n skrywer is om eie taalgebruik as norm te stel -- wat veral ter sprake kom 
wanneer werk self uitgegee word.

AFRIKAANS as skryftradisie is maar iets meer as 'n eeu oud -- 'n kort tydjie as dit vergelyk word met die geskiedenis van Europese tale, 
wat op 'n skryftradisie van baie eeue kan terugkyk.

En tog het Afrikaans in sy kort tydjie baie gou 'n stadium bereik dat ons van 'n "standaard" kon praat.

Hierdie standaard of norm het in ho mate met die hulp van die Suid-Afrikaanse Akademie tot stand gekom. Diktatoriaal en voorskriftelik het 
dit egter nie geskied nie. Daar is geluister na die gewone taalgebruiker, skrywers, uitgewers, woordeboekmakers, taalgeleerdes. Daarby was 
daar die vry algemene strewe na eenvormigheid. En uiteindelik het die Akademie deur sy Taalkommissie die noodsaaklike kordineringswerk 
verrig.

In die proses is daar ook ruimte gelaat vir groei en uitbreiding. Gaan mens die ou uitgawes van die Woordelys en Spelrels na,   is dit 
duidelik dat daar van tyd tot tyd aanpassings gemaak is. Van die dinge wat eers vreemd was, het later burgerreg verkry. By die erfgoed en 
eiegoed is met oorleg leengoed bygevoeg. En so is die versigtige pad tussen verwildering en verstarring geloop -- 'n koers wat voortaan 
hopelik gehou sal word. S bly die standaardtaal lewend en wyd aanvaarbaar.

Die bestaan en aanvaarding van so 'n standaardtaal stel ons in staat om vreemde elemente en afwykings uit te wys. Sonder 'n standaard kan 
nie van afwykings sprake wees nie.

Maar nou rys die vraag toenemend in ons tyd: Hoe moet hierdie afwykings in geskrifte beoordeel word? Moet almal oor dieselfde kam geskeer 
word? Wat van die baie Engelse woorde wat vandag in Afrikaanse stukke en verslae opduik? Wat van streektaaleienaardighede? 
Groeptaalkoddighede wat soms by skoolseuns aangetref word? Wat van die "skewe" taalgebruik wat so dikwels in ons veeltalige land voorkom? 
Wat van die dialoog in 'n roman as daar iemand aan die woord kom wat Afrikaans nie goed magtig is nie? Wat van die opstandiges wat s: Ek 
laat my nie voors nie; ek skryf soos ek skryf? Teenoor die middelpuntsoekende kragte sal daar altyd middelpuntvliedende kragte werksaam 
wees. Moet al die afwykings voor die voet afgekeur word of moet hulle toegelaat en selfs aangemoedig word?

Nie een van die uiterstes is m.i. aanvaarbaar nie.

'n Taal moet toegelaat word om te groei, maar as elkeen toegelaat word om te praat en te skryf en te spel soos hy wil, het ons die resep 
vir chaos. Soos alle gevestigde tale moet Afrikaans ook sy standaard as norm handhaaf terwyl afwykings as afwykings gesien word (wat nie 
uitsluit dat 'n afwyking dalk mettertyd deur algemene gebruik burgerreg kan verkry nie). Die vraag wat ons hier en nou moet probeer 
beantwoord, is: Wat word, stilisties/literr gesien, met die afwyking bereik? Het die afwyking binne die konteks sin? Is hy funksioneel?

Dis vrae di wat van geval tot geval beoordeel moet word. Indien 'n skrywer afwykende taal, van watter aard ook, bloot uit moedswilligheid 
gebruik, of traak-my-nie-agtigheid, of luiheid, is dit af te keur. Sy geskrif sal in elk geval sy houding verraai.

'n Ernstige skrywer sal ook heel bewus met afwykings vorendag kom, maar sy geskrif sal wys dat agter die afwyking 'n kreatiewe gees 
werksaam is. 'n Haastige werker sal 'n Engelse woord ingooi omdat hy nie dadelik aan 'n Afrikaanse ekwivalent kan dink nie, maar die 
ernstige skrywer sal die Engelse woord met berekende dramatiese, ironiese of satiriese effek aanwend. Dit geld eintlik vir alle soorte 
"foute" van herhalings en eksesse tot kru taal en retoriek. Per slot van rekening is dit 'n kwessie van styl.

Dit geld ook vir groep- en streekafwykings. Die een skrywer sal miskien goed luister en die spreker getrou rapporteer, terwyl die skrywer 
wat werklik sy sout werd is, selfs in die sg. afgeluisterde taal kreatief sal ingryp om daardie taal nog natuurliker en essensiler te laat 
klink.

In Afrikaans het ons pragtige voorbeelde van 'n kreatiewe omgang met afwykende taal. En nou praat ek nie van woordverwringings, of gevalle 
waar betekenis uit 'n woord gepers word nie. Ek dink in die eerste plek aan Blum se geniale Kaapse sonnette, om van sy "Man wat mal word" 
maar te swyg. In 'n gedig soos "Oor monnemente gepraat" is daar talle afwykings van 'n uiteenlopende aard, afwykings wat in die streng 
sonnetvorm des te duideliker praat: monnemente, lekka, clowns, spts, stetjoes, plus-fours, vorie, Paalmint-hys ... Maar daar sit sin in, 
skeppingsvermo. Met uitspraak en woordgebruik word hier 'n lewende spreker opgeroep, 'n skerp waarnemer wat lig-spottend Suid teen Noord 
stel en terselfdertyd lughartig met deftigheid die draak steek.

Vreemde elemente wat in 'n mindere digter se werk soos seer vingers sal uitsteek, is hier volkome tuis, funksioneel en produktief.

In talle ander gedigte het Blum sy effekte bereik sonder om maar enigsins deur die eise van die Standaardafrikaans ingeperk te voel. Die 
ware kunstenaar skep sy ruimte, ook binne die grense. Dit word nog elke dag deur eersterangse gebruikers van Afrikaans bewys. En dit is 
juis hierdie skrywers wat die taal jonk en lewendig hou en nie noodwendig di skrywers wat van die sg. loslit-Afrikaans 'n nuwe mode maak 
nie.

Vandag se mode is mre se retoriek. Prof. Alwyn Grov   is emeritus professor van die Departement Afrikaans en Nederlands van die 
Universiteit van Pretoria en bekende kritikus.
---------------------------------------------------------------------


Tekening: Cora Coetzee   Aan alle vriende van die Noord-Kaap tot by Agulhas, van die Noordelike Provinsie tot by die Oranjerivier en waar 
die Tugela die see invloei, en aan al die belangstellendes en vriende wyd versprei oor ander vastelande, wens Afrikaans Vandag 'n ryk 
gesende Kersfees toe. Mag die laaste jaar van die twintigste eeu in behoeftes voorsien en wense vervul. 'n Opregte dankie aan elke leser 
wat in 1998 met 'n bydrae die voortbestaan van Afrikaans Vandag help verseker het. Daarsonder stotter ons, maar met di betrokkenheid kan 
ons met selfvertroue die hoogste noot insit.

Terug na bo     Kers- en Nuwejaarswense

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av552.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1998 /// Hanteer praktiese taalprobleme menswaardig (AV 5:5) 
/// Oor vryheid en onvryheid (AV 5:5) /// Nederlandse boeke in Suid-Afrika (AV 5:5) /// Wie sal die verlossende woord spreek? (AV 5:5) /// 
Toonvenster van talent (AV 5:5) /// Hegte vriendskapsbande met Vlaandere gebou (AV 5:5) /// 'n Nuwe Afrikaanse webwerf (AV 5:5) /// 
Gehalteprodukte verdien sente (AV 5:5) /// Europese studie-ervaring is binne bereik (AV 5:5) /// Kroniek van twee gesprekke (AV 5:5) /// 
Die wel en wee van Afrikaans se statusprys (AV 5:5) /// Ons sing in Afrikaans! (AV 5:5) /// 'Aitjiebul' speel met taal (AV 5:5) /// 
Vrouekrag in die Suid-Kaap (AV 5:5) /// 'n Gees van fees in die lug (AV 5:5) /// 'n Skrywersoog op Kersfees (AV 5:5) /// Stel die land en 
al sy mense sentraal (AV 5:5) /// Slaan 'n slag vir Afrikaans (AV 5:5) /// 'Interessante tye' vra innovasie (AV 5:5) /// Veeltaligheid is 
'n bron van kennis (AV 5:5) /// 'n 'Oulap' se stories laat die taal vonkel (AV 5:5) /// Sport en sports vir joernaliste in Londen (AV 5:5) 
/// Ek en die lytest geneuk (AV 5:5) ///

